IEB-matrikulante skitter in 2020

IEB-skole se graad 12’s behaal 100% slaagsyfer
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg





Die 2020 IEB-matriekgroep het uitstekend presteer met ‘n 100% slaagsyfer by al sewe IEB-skole in Namibië tydens hul eindeksamens verlede jaar.

Van hierdie 177 matrikulante oraloor Namibië het 88% met universiteitstoelating (graadvrystelling) geslaag en 12% met kollegetoelating (diplomavrystelling).

Die algehele topmatrikulant vir 2020 is Christo Boshoff van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) met ’n gemiddeld van 89,7%.

Hiermee het hy Napso se kontantprys van N$10 000 vir verdere studies vanjaar verdien. Boshoff het ’n A-simbool in Afrikaans, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, IGO en LO behaal.

Hy het ook verlede jaar die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se United Space School (USS) in Amerika bygewoon en beoog om megatroniese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch te studeer.

“Ek dink daar was twee goed wat my sukses baie gehelp het. Ek het al hard van graad 8 af begin werk. Dit het gehelp dat ek nooit agter met iets geraak het nie en dus kon ek net fokus op wat volgende kom. Daar was nie gapings in die boublokke van my kennis nie,” se Boshoff.

“Ek is ook deur my ouers aangemoedig om gebalanseerd te lewe en het aktief in sport, kultuur en sosiale aktiwiteite deelgeneem. Dit het my horison verbreed en ek kon op verskillende vlakke dink. Ek is seker geloof het ook baie gehelp om die balans te hou.”

Boshoff moedig vanjaar se matrikulante aan om die meeste te maak van elke oomblik wat hulle kry.

“Doen so veel as moontlik, maar as jy iets doen, doen dit voluit. As jy in die klas is, luister na alles. As jy by vriende is, gaan groot, en as jy n aktiwiteit doen, gee alles. Daar is genoeg tyd om alles voluit te doen, maar te min om alles half te doen.”

Kort op sy hakke volg Jonette de Koning van Tsumeb Gimnasium met 88%. In die derde plek is Milne Becker van WAP met 85%, gevolg deur Jasper Brand van Moria met 84,3%.

Die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) se uitvoerende hoof, mnr. Wouter Niehaus, beskou 2020 se uitslae as ’n hoogtepunt in die organisasie se geskiedenis.

“Napso het verlede jaar die voorreg gehad om die Covid-19-pan­demie saam met sy ledeskole as een groot familie te beveg. Dit is ’n duidelike teken Napso-skole staan steeds sterk. Om ondanks die uitdagings van inperkings en die verandering in onderrigstyle steeds jou doelwit te bereik en jou skool se standaard te behou, spreek boekdele oor die geloofwaardigheid, werksetiek en geloof van ons skole se leerlinge, onderwysers en ouers. Baie, baie geluk aan elkeen van julle,” sê Niehaus.

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!