Elnatan en NCF neem skaak virtueel

Privaatskool Elnatan, met behulp van die Namibiese Skaakfederasie, sal eerskomende naweek ’n virtuele skaakkompetisie vir Napso-ledeskole aanbied.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Op Saterdag, 25 September, sal Privaatskool Elnatan in samewerking met die Namibiese Skaakfederasie (NCF) ’n virtuele skaaktoernooi aanbied. Die kompetisie is oop vir alle skole wat lede van die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) is en sal die eerste van sy soort in die land wees.

“Aangesien die Napso-skole se privaatskole sportweek vir ’n tweede jaar weens Covid-19 nie kon plaasvind nie, het Elnatan gevoel ons wil iets doen om die skole ’n bietjie teen mekaar te laat meeding. Ons wou ‘n geleentheid aanbied waar skole sonder enige reis- of verblyfkostes kon deelneem, en skaak is gelukkig ’n sport wat baie maklik aanlyn gespeel kan word,” het me. Louisa Campbell, die Privaatskool Elnatan skaakkoördineerder, gesê.

“Ons het voelers na al die Napso-skole uitgesteek om te sien of daar belangstelling sal wees vir so iets en die idee is met ope arms ontvang. Ons het die NCF onder leiding van hul president, mnr. Charles Eichab, genader om te hoor of hulle ons sal help met die reëlings en hulle was vuur en vlam daarvoor. Daarna het ons uitnodigings direk na alle Napso-skole uitgestuur en op sosiale media begin adverteer,” het Campbell gesê.

Die skool het 18 spaninskrywings ontvang, wat uit 72 deelnemers sal bestaan. Die doel van die toernooi is om skaak te bevorder en leerlinge aan aanlyn toernooie bloot te stel met die hoop dat dit die sport sal groei en groter geleenthede in die toekoms sal bied.

“Baie skaakspelers is nie so gemaklik met aanlyn speel nie, maar aangesien Covid ons gedwing het om nuut te begin dink om sportdeelname moontlik te maak, hoop ons om hiermee meer kinders aan skaak bloot te stel met soortgelyke aanlyn toernooie,” het Campbell gesê.

Die toernooi sal aanlyn via die LICHESS-platform plaasvind. Spanne word geregistreer en skakel in met ’n gebruikersnaam en wagwoord. Enige buite persone kan die wedstryde as ‘n toeskouer volg as hulle op Lichess.com inskakel.

Die NCF oorsien die toernooi en behartig die tegniese reëlings soos indeling van spelers en bepaling van die rangorde en wenners deur die gebruik van ’n internasionale skaakprogram wat spesifiek daarvoor geskep is en deur skaakfederasies dwarsoor die wêreld gebruik word.

Die finale skakel vir die toernooi sal op sosiale media asook met die ingeskrewe skole gedeel word.

‘VEILIGE OMGEWING’

“Ons kan nie toelaat dat omstandighede soos Covid ons kinders daarvan weerhou om hul sport te beoefen nie. Daarom moet ons die geleenthede skep waar hulle in ’n veilige omgewing soos hul eie huis nog steeds hul passie vir sport kan uitleef. Dit verlig ook die finansiële impak van reis en verblyf om ’n toernooi fisies by te woon.”

Campbell sê hulle sal definitief oorweeg om dit volgende jaar weer te doen met die hoop dat meer spanne sal inskryf en die kompetisie groter maak.

“Met die 13 spanne wat ingeskryf is, akkommodeer ons 52 kinders om hul sport te kan beoefen, al is hulle nie almal fisies op een plek bymekaar nie. Dit is dieselfde effek wat ons met ons virtuele fietswedren – wat Elnatan vanjaar vir die tweede keer in November gaan aanbied – wil bereik,” het Campbell gesê.

Die skool het hierdie termyn met aanlyn klasse vir hul skaakspelers begin. “Met Eichab, een van die land se beste skaakspelers as ons skool se hoof afrigter, en Penny Campbell wat die eerste vroue ontwikkelings afrigter in Namibië is, gee dit ons kinders die geleentheid om by die bestes te leer. Elnatan het ook al twee Namibiese spelers en een Afrika-kampioen opgelewer. Ongelukkig het Covid weer hierdie jaar verdere deelname gekniehalter en is skaaktoernooie gestaak voordat ons vyf leerlinge, wat na die nasionale geslote kompetisie deurgedring het, verder kon gaan deelneem,” het Campbell gesê.

Hierdie toernooi gee hulle egter nou weer ’n geleentheid om te kompeteer. “Nie alle kinders hou van spansport nie en daarom gee ons hulle die geleentheid om Elnatan ook in ’n sportkode te kan verteenwoordig. Ons het egter ook kranige rugby- en netbalspelers in ons skaakspanne. Skaak is ’n uitstekende sport om ’n kind se konsentrasie, denkvermoë en probleemoplossingsvaardighede te verbeter en by Elnatan glo ons daarin om ’n kind in sy geheel te ontwikkel en die geleenthede daarvoor te skep.”

Comments

Namibian Sun 2024-03-29

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%