• Home
  • YOUTH
  • Deel hulpbronne deur aanlynonderrig

Deel hulpbronne deur aanlynonderrig

Die Eduvision gala het verlede Woensdag by Hotel Thule in Windhoek plaasgevind. By dié geleentheid is van die hoogtepunte en suksesse van Eduvision in die land gedeel.
ELIZABETH JOSEPH
Justicia Shipena

Mnr. Phillip Smit, die skoolhoof van Edugate Academy, het tydens die geleentheid gepraat oor die uitdagings van onderwys, wat veral toeneem in ’n wêreld wat konstant verander. Een van hierdie uitdagings is om jaarliks genoeg gekwalifiseerde- en passievolle onderwysers te produseer.

“Ons is almal bewus van die groot persentasie onderwysers, veral mans, wat die beroep verlaat om eerder meer aanloklike geleenthede in die privaatsektor na te jaag. Een van die faktore wat altyd ’n groot rol in hierdie beroep sal speel, is finansies,” het Smit gesê.

Smit het verder gesê die voormalige skoolhoof van Edugate Academy, mnr. Frik Louw en die minister van openbare ondernemings, mnr. Leon Jooste, het juis vanweë die bogenoemde faktore ’n droom gehad om kwaliteit onderrig in die plaaslike gemeenskappe ook moontlik te maak.

“As mens net kyk na die statistieke van onderwys in die land, is dit nie moeilik om tot die gevolgtrekking te kom dat die standaard van onderwys nie in alle skole dieselfde is nie. Daarom het Louw en Edugate Academy ’n gedeelde droom gehad om kennis en ervaring van onderwysers by ons skool met leerlinge en onderwysers in afgeleë gebiede te deel wat nie altyd tot dieselfde hulpbronne en infrastrukture toegang het nie,” het Smit gesê.

Deur Eduvision is dit volgens Smit moontlik om die tekort aan onderwysers in ’n kort- en langtermynkonteks aan te spreek deur onderrig in biologie, fisika en chemie vir graad 10 tot 12. Die enigste vereistes is ’n toegeruste klaskamer en die nodige toesig.

Sedert die amptelike bekendstelling van die projek in Augustus 2018, het 25 leerlinge van die Senior Sekondêre Skool Tsumkwe (TSS) by die projek gebaat. Tesame met die ander skole wat ook aanlyn by die projek betrokke is, het 790 leerlinge toegang tot die Eduvision-projek.

“Aan die einde van 2017 was TSS 179ste op die akademiese rangleër. Aan die einde van 2019 het hulle posisie na 83 geklim. Een van die graad 12 leerlinge wat met net B en C simbole geslaag het, is tans by die Universiteit van Namibië (Unam) ingeskryf,” het Smit gedeel.

In Oktober 2019 is die projek aan die Senior Sekondêre Skool Okakarara en die Junior Sekondêre Skool Waterberg bekendgestel. Aan die begin van hierdie maand het Cornelius Goreseb in Khorixas die vierde skool geword wat aanlyn by die projek betrokke is.

“Tot dusver is ’n databasis van 635 opgeneemde lesse aangeteken wat op enige gegewe tydstip deur onderwysers en leerlinge gebruik kan word deur net hul gebruikersnaam en wagwoord te gebruik.”

Dr. Nangolo Mbumba, die adjunkpresident, het tydens die geleentheid genoem 37 onderwysers is deur die e-leerprogram opgelei. Volgens hom het van die land se slimste leerlinge net in klaskamers in afgeleë gebiede gesit en wag om ontdek te word.

Mbumba het Eduvision geluk gewens met hul prestasies en ook genoem dat die projek van plan is om oor die volgende drie jaar aandprogramme vir meer as ’n 1 000 leerlinge ook bekend te stel. “Ek twyfel glad nie dat Eduvision ook ’n nasionale program sal word,” sê Mbumba.

Comments

Namibian Sun 2024-04-26

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 342.88/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 885.90/T UP 1.09% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 342.88/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 885.90/T UP 1.09% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024