COSDEF bied gulde geleenthede
Ses jongmense wat hul eie besigheid wou begin eerder as om vir iemand te werk, is besig om die leer na sukses te klim.
Hul onderneming, Power Six Investments, maak meubels van herwinde metaalstukke. Die lede sluit in Paulina Alfeus, die besturende direkteur, asook Ashipembe Julius, Neliwa Leonard, Paulus Hilaria, Neumbo Asteria en Vaeferi Jason, almal ketelmakers.
Paulina is vasberade om van die besigheid ‘n sukses te maak, al werk sy in ‘n bedryf wat hoofsaaklik deur mans oorheers word. “Harde werk en passie motiveer my,”sê Paulina.
Ná ‘n suksesvolle onderhoud het die maatskappylede in Mei 2017by die Cosdef-ontwikkelingsprogam aangesluit. Cosdef is ‘n besigheidsontwikkelingsentrum op Swakopmund. “Cosdef het aan ons die geleentheid gegee om ons idee te toets en ons eerste produk te vervaardig,” sê Paulina.
Hulle is ook van mentorskap, besigheidsafrigting, ondersteuningsdienste en SME-opleidingskursusse (klein- en mediumondernemings) by die sentrum voorsien.
Power Six Investments is deur die kantoor van die Erongo-streeksgoewerneur gekies om ‘n program in entrepreneurskap vir student by te woon. Dit is in Junie 2017 gedoen onder leiding van die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing. Die maatskapy is as die mees winsgewende besigheid aangewys en het ook ‘n toekenning ontvang.
Power Six Investments het saamgespan met Global Entrepreneurship Network (GEN) en ingeskryf vir die Creative Business Cup Namibia wat die netwerk op 8 Mei 2019 aangebied het. Die Creative Business Cup is ‘n globale inisiatief wat heeljaar duur en streef daarna om entrepreneurs te bemagtig. Dit is die skakel tussen entrepreneurs en beleggers in die globale mark. Dit versterk ook entrepreneurs se vermoëns sodat die bedryf en saamelewing daarby kan baat vind.
Deelnemers het in verskeie kreatiewe kategorieë meegeding, wat onder meer mode, musiek en ontwerp insluit. Power Six Investments het in die ontwerpkategorie US$500 gewen. Die maatskappy sal Namibië eersdaags verteenwoordig by die Crative Business Cup in Kopenhagen, Denemarke, en meeding teen die deelnemers van oor die wêreld heen. Power Six Investments het takke op Ondangwa en Uupopo. Die maatskappy het tans vier permanente werknemers en die getal sal groei sodra die besigheid meer wins begin maak.
Die onderneming se lede het by verskeie instansies aansoek om finansiering gedoen, maar was tot dusver onsuksesvol. “Ons is steeds vol vertroue dat die besigheid sal floreer, net soos ons sedert ons nederige begin by Cosdef,” het Paulina gesê

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article