Byna u2019n halfeeu van ervaring
Byna u2019n halfeeu van ervaring

Byna ’n halfeeu van ervaring

Geliefde onderwyser tree af
Mariselle Stofberg
Mev. Elsabe Visser , beter bekend as Juffrou Vissie, het op 31 Desember verlede jaar ná 42 jaar in die onderwys afgetree.

Nadat Visser in 1974 gematrikuleer het, is sy na die Onderwys Kollege Paarl (OKP) toe om haar studies te begin.

In 1978 begin sy haar onderwysloopbaan in Keimoes waar sy ook haar man, Kosie, ontmoet.

Visser het wiskunde vir graad 5’s, asook LO vir graad 5- tot 12-meisies gegee. In 1979 kry sy ’n pos by die Meisieskool Eros tot Junie 1980 waarna sy en haar man getroud is.

Hulle het vier seuns naamlik Nico, Kobus, Tiaan en André. André is getroud en het twee pragtige dogtertjies. “Ouma-wees is die lekkerste ding in die wêreld,” vertel Visser.

Haar man is ná hul troue Upington toe verplaas waar sy ook skoolgehou het.

In 1987 trek hulle Karasburg toe en sy hou vir tien jaar by Karasburg Primêre Skool skool waar sy ook netbal afgerig het.

Aangesien die skool nie ’n bus gehad het nie, het sy en haar man die spelers dikwels help rondkarwei na ander dorpe wat onder meer Betanie, Auas, Keetmanshoop, Mariental, Lüderitz insluit sodat hulle wedstryde kon speel.

“My ma bly steeds op Karasburg en as ek op Karasburg kom, is daar nog netbalspeelsters wat my kom groet en saam praat oor die herinneringe,” het Visser gesê.

In 1998 word haar man Windhoek toe verplaas en Visser gee vir twee jaar wiskunde en Afrikaans by Pionierspark Primêre Skool. Vanaf 2001 tot 2006 gee sy wiskunde by Eros Primêre Skool.

In 2007 begin sy by Windhoek Gimnasium werk. Behalwe vir ses maande in 2021 wat sy terug Karasburg toe is, het Visser die res van haar onderwysloopbaan by Windhoek Gimnasium afgelê.

Haar nommer een passie in die lewe is kinders.

Ná haar aftrede het sy ’n privaat “tutoring” pos aanvaar waar sy voormiddae vry is en ná skool die kinders oplaai en na hul onderskeie buitemuurse aktiwiteite neem en huiswerk doen.

Visser sê sy mis Windhoek Gimnasium se kinders, ouers en onderwysers baie, maar is dankbaar vir die geleentheid wat sy het om steeds haar passie uit te leef.

Wanneer mens met die leerlinge gesels, is dit duidelik dat Visser geliefd was en ’n verskil in die skoolgemeenskap gemaak het.

Juffrou Vissie – ons salueer jou! Jy sal altyd onthou word!

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!