Beskuit vir liefdadigheid
Beskuit vir liefdadigheid

Beskuit vir liefdadigheid

Twee leerlinge van WAP het besluit om beskuit te bak om geld vir die Rauch Elohim Foundation in te samel.
JUSTISIA SHIPENA
Mariselle Stofberg en Elizabeth Joseph



Twee jong leerlinge in die hoof­stad het besluit om die ekstra myl te loop met hul skool­projek vir liefdadigheid.

Debby Delport en Yana Cilliers is graad 10-leerlinge aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP). Vir hulle lewensoriënteringprojek moes die graad 10's 'n welsynorganisasie kies waarvoor hulle fondse moes insamel. Dié twee leerlinge het op die Rauch Elohim Foundation besluit.

Ná beraadslaging met die organisasie het hulle besef die grootste behoeftes is fondse en bewusmaking waarná dié twee vasberade dames dadelik ingespring en begin beskuit bak het om die nodige fondse vir die organisasie in te samel.

“Min het ons geweet hoeveel werk dit werklik is, want ons doen dit mos nooit self nie. Met baie huiswerk, toetse en sport, moes ons tyd inruim om in die middae en aande te bak en te brou. In die oggende moes ons vroeg opstaan om voor skool die beskuit te verpak sodat ons die dag se bestellings kon aflewer. Dit was wel 'n wonderlike ervaring om iets vir iemand anders te doen.”

Ná baie goeie verkope het hulle meer as N$10 000 ingesamel. Hulle het ook verskeie kanale gebruik om bewusmaking van die organisasie te skep en sodoende ook die or­ganisasie 'n hupstoot te gee deur verdere bystand aan hulle beskikbaar te stel.

“Skoolkinders dink gewoonlik sosiale kwessies het net betrekking op grootmense, maar almal is eintlik daarby betrokke. Wanneer skool­kinders betrokke raak, gee dit vir hulle die geleentheid om iets terug aan die gemeenskap te gee, spesifiek aan diegene wat swaarkry en nie dieselfde voorregte en geleenthede as hulle het nie,” sê Delport en Cilliers.

“Ons het die organisasie gekies omdat ons baie vir babas omgee. Dit breek ons harte om amper weekliks in die koerant te lees van babatjies wat vermoor en weggegooi word.”

Die twee wil probeer om 'n verskil te maak in die lewens van hierdie babas wat andersins dalk geen toekoms sou hê nie.

“As ons een lewe kan red met ons betrokkenheid, is dit vir ons reeds genoeg. Ons wil hê hierdie babas moet eendag besef dat hulle nie alleen is nie en dat daar iemand in die wêreld is wat vir hulle omgee.”

Hulle droom vir die projek is dat elke voornemende ma daar buite, wat moed verloor het en nie weet hoe om vir hulle babas te sorg nie, sal weet van die Rauch Elohim Foundation en die baba daar sal los vir versorging. “Ons hoop hierdie is 'n klein begin wat sal groei tot vele sorgsentrums dwarsoor die land.”

Die projek het beide leerlinge bewus gemaak van die werklikheid waarmee baie ma's gekonfronteer word.

“Ons het besef hierdie is die werklikheid waarmee enige iemand eendag te doen kan kry. Ons het geleer niks in die lewe kan as vanselfsprekend aanvaar word nie. Mens moet vir alles wat jy het en elke dag ontvang, baie dankbaar wees. Ons het besef welsynorganisasies sukkel om genoegsame fondse op hul eie te genereer en dat gemeenskappe baie meer betrokke moet raak.”

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!