28ste QSB ­afrigtingskliniek en oefenkamp

Afrigters van RSA deel van die sukses

12 January 2021 | Sports

Enzo Amuele



Die 28ste jaarlikse Quinton-Steele Botes afrigtingskliniek en oefenkamp is sedert 1993 'n hoogtepunt op die sportkalender in die eerste week ná die Nuwejaar.

Vanjaar is die oefenkamp die eerste keer by Affiespark in Pio­nierspark aangebied en het weer vir goeie gehalte gesorg.

Vanjaar se oefenkamp het aan atlete en afrigters die geleentheid gebied om aan hul vaardighede te bou. Die kamp het 20 hoofafrigters gehad (vyf van Suid-Afrika en 15 van Namibië) wat mans, vroue, seuns en meisies vanaf die ouderdom van vyf tot ouer as 50 gehelp het om vir die komende atletiekseisoen te slyp.

Die oefenkamp, die breinkind van wyle mnr. Quinton-Steele Botes, het in 1993 begin met slegs drie afrigters en speel vandag 'n groot rol in die sukses van Namibiese atlete.

Die kamp bereik meer as 3 000 atlete vanoor die hele land en streef ook om atlete afkomstig van minder bevoorregte skole en gemeenskappe te nooi en hulle in hul atletiekdrome by te staan.

Me. Leoni van Rensburg, organiseerder van die kamp en gekwalifiseerde IAAF vlak 4-afrigter, sê die bydrae van borge speel 'n enorme rol in die geleenthede wat die kamp vir atlete kan bied.

“My passie vir sport en atletiek motiveer my om atletiekvergade­rings, die QSB atletiekklub en die oefenkamp te beplan en bestuur. Met die kamp en die hulp van ons borge wil ons graag soveel as moontlik atlete in die land bereik en ondersteun,” het Van Rensburg gesê.

Die kamp het byvoorbeeld atlete soos die skoolmeisie Beatrice Masilingi, wat die kamp in 2019 bygewoon het, gehelp bou aan haar atletieksukses.

Masilingi het die afgelope jaar die Namibiese rekords in die 200 en 400 oortref en oor laasgenoemde afstand ook die Olimpiese kwalifiserende standaard behaal.



VOLLE POTENSIAAL

“Dit is ongelooflik om te dink waar sy begin het en waar sy vandag is. Met die uitstekende afrigters wat ons het en die geleenthede wat ons borge moontlik maak, kan ons belê in ons plaaslike talent sodat hulle ons land in die toekoms ook op 'n internasionale skaal kan verteenwoordig,” sê Van Rensburg verder.

Sy sê die kamp hoop om deur afrigting, die ontwikkeling van vaardigheid, tegnieke en programme kennis in die gemeenskap en atlete terug te ploeg.

“Ons het soveel talent in ons skole en die land, maar nie alle atlete het die nodige hulpbronne en geleent­hede om opleiding te ontvang wat hul vaardighede en tegnieke help bou nie. Ons wil graag ons atlete help om hul drome na te jaag en hul volle potensiaal te bereik,” het Van Rensburg gesê.

Similar News

 

Clash of moods

12 hours ago | Sports

NAMPA/AFP Andrea Pirlo seeks to ease fears his Juventus lack the killer...

Aubameyang at the double

12 hours ago | Sports

NAMPA/AFP Pierre-Emerick Aubameyang returned to scoring form with a double as Arsenal's rise up the Premier League table continued with a comfortable...

Long waiting game for rugby fans

12 hours ago | Sports

Limba Mupetami WINDHOEKNamibia Rugby Union interim CEO Theo Grunewald said they might stage the...

Hanamub shows no fear

12 hours ago | Sports

Limba Mupetami WINDHOEKA beast will be unleased this afternoon as Riaan Hanamub’s Chippa United take on Swallows in the DStv Premiership.Dubbed the...

Skaak inspireer leerling

1 day - 19 January 2021 | Sports

Mariselle StofbergDie 18-jarige Penny Campbell is onlangs as die land se eerste vroulike Fide-skaakontwikkelingsinstrukteur geregistreer. Campbell is tans in graad 12 aan die Privaatskool Elnatan...

Safety not a concern

1 day - 19 January 2021 | Sports

Limba Mupetami WINDHOEKThe Brave Warriors of Namibia will go head-to-head against West African nation...

Contact sport a challenge

1 day - 19 January 2021 | Sports

Jesse Jackson Kauraisa WINDHOEKNamibia Sport Commission (NSC) chief administrator Freddy Mwiya has admitted that resuming contact sport will be difficult during...

Olympic hurdles champion McNeal suspended

2 days ago - 18 January 2021 | Sports

NAMPA/AFP Olympic 100m hurdles champion Brianna McNeal has been provisionally suspended for doping...

Wales hard hit by Williams ban

2 days ago - 18 January 2021 | Sports

NAMPA/AFP Liam Williams will miss Wales's Six Nations opener against Ireland next month after receiving a three-game ban for his red...

Mexico to host Olympic qualifying

2 days ago - 18 January 2021 | Sports

NAMPA/AFP Guadalajara will host the Confederation of North, Central America and Caribbean Association Football (Concacaf) men's qualifying tournament for the Tokyo...

Latest News

New vehicle sales moving in...

12 hours ago | Business

PHILLEPUS UUSIKUVehicle sales contracted by 2.0% year-on-year in December 2020, compared to a contraction of 2.2% year-on-year in December 2019, with 714 units sold in...

Nekongo breaks silence on Fishrot...

12 hours ago | Crime

STAFF REPORTERWINDHOEKSwapo Party Youth League (SPYL) secretary Ephraim Nekongo yesterday said he did not know that the N$65 000 allegedly deposited into his personal account...

15 350 pupils ‘lost in...

12 hours ago | Education

ESTER KAMATIOTJIWARONGOWith the ministry of education taking a blended approach through online efforts and remote teaching and learning, about 15 350 learners did not return...

Shangula looking beyond Covax for...

12 hours ago | Health

OGONE TLHAGEWINDHOEKNamibia is looking beyond the Covax facility to procure additional stock of Covid-19 vaccine, health minister Kalumbi Shangula has said.The Covax facility, an initiative...

Namibia more of a consumer...

12 hours ago | Economics

PHILLEPUS UUSIKUNamibia recorded a trade deficit to the tune of N$1.4 billion in November 2020. The recent figure shows that the deficit improved by...

Going back to the original...

12 hours ago | Opinion

It's not too late to salvage Namibia from the jaws of predatory tendencies threatening our existence as a nation.Think of the ideal Namibia we had...

Groundwater threatened by drilling

12 hours ago | Environment

FRANK STEFFENWINDHOEKIn 2011, a hydrological study dating back to 2001 was republished.Together with the Federal Institute for Geosciences and Natural Resources (BGR in Hanover, Germany),...

Ivory Coast rains support abundant...

12 hours ago | Economics

Above average light rains mixed with spells of sunshine last week in most of Ivory Coast's cocoa regions provided the right growing conditions for the...

Goodbye Trump, hello Joe Biden

12 hours ago | International

MATHIAS HAUFIKUWINDHOEKThe United States of America, one of the oldest democracies in the world, will today welcome Joe Biden as its 46th president at a...

Load More