• Home
  • Sport
  • Junior vrouespan slyp vir goeie WB-debuut

Junior vrouespan slyp vir goeie WB-debuut

Hokkie
Andrew Poolman
Die Namibiese Hokkie-unie het sy finale toergroep aangekondig vir die land se komende debuutverskyning by die FIH Onder-21 Wêreldbekertoernooi vir vroue.

Die toernooi word vanaf 1 tot 13 Desember in Santiago, Chili, beslis.

Namibië se o.21 mans en o.21 vroue het beide gekwalifiseer en sodoende geskiedenis gemaak om in veldhokkie die land se eerste verskyning by ‘n Wêreldbeker ‘n werklikheid te maak.

Die Namibiese vrouespan onder die kapteinskap van Azaylee Philander is in groep C geplaas om eerste teen Indië (op 1 Desember), teen Ierland twee dae later en teen Duitsland (5 Desember) te speel, voor die uitspeelwedstryde vir die finale posisies.

Die hoofafrigter Sedtric Makati en hulpafrigter Christo du Raan, asook spanbestuurder Charlene du Raan was almal reeds betrokke by die Afrika-toernooi in Windhoek vroeër vanjaar, toe die Namibiërs hul kwalifiserende plek bespreek het.

By die kontinentale uitduntoernooi in Windhoek einde April het die Namibiese vroue net teen die onoorwonne Suid-Afrika verloor (1-6) en sodoende tweede geëindig. Oorwinnings teen Kenia (3-0), Zimbabwe (6-0), Zambië (11-1) en Uganda (4-0) het hul plek in die eindstryd bespreek, waar die Suid-Afrikaners opnuut met 5-0 hul kleim afgesteek het.

Zimbabwe het die derde kwalifiserende posisie opgeraap en is in groep B saam met België, Argentinië en Wallis. Suid-Afrika is in groep D geloot om teen Engeland, China en Oostenryk te begin.

Mia Karsten (vyf doele in gewone spel) en Marika Neethling (vyf doele van korthoeke) was van die Namibiese skerpskutters in die Afrika-toernooi, terwyl Philander en Neethling se ondervinding by die FIH Binnenshuise Wêreldbeker vroeër vanjaar in Kroasië ook ‘n bate vir die groep is.



Die spelersgroep

Jasmine Cartwright (Saints, doelwagter)

Anri Jacobs (WOBSC, doelwagter)

Marlene Coetzee (DTS)

Azaylee Philander (Saints, kaptein)

Danica Retief (WOBSC)

Abigail Rowles (Saints)

Marika Neethling (DTS)

Jessica Gresse (DTS)

Nicola Fourie (WOBSC)

Kyla Gilles (WOBSC)

Alice Ann Rowles (Saints)

Anthea Coetzee (DTS)

Milah Malan (WOBSC)

Maryke Kruger (DTS)

Annica Higgs (Saints)

Anine le Roux (DTS)

Mia Karsten (DTS)

Erin Taylor Moffett (Saints)

Die nie-reisende reserwes is Marthelyn Bezuidenhout (DTS), Onique Bezuidenhout (WOBSC), Rosie Jessen (DTS) en Liame Nell (Saints).

Comments

Namibian Sun 2025-10-25

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment