Majestueuse pieke vir geskiedenis, toerisme

Die bergreekse van Namibië
Namibië se berge vertel van 'n geologiese verlede van vulkane en verwering, terwyl dit ook die geheime van die eerste mense wat dit gehuisves het, nog sorgvuldig vir nageslagte bewaar het.
Elvira Hattingh
Vulkane, nasionale monumente en van enorme historiese waarde – Namibië huisves sowat 694 berge wat reeds name het, met Königstein as die land se hoogste piek op Brandberg (2 573 m).

Die majestueuse Auasberge is die land se hoogste bergreeks en is sowat 56 km lank, met Moltkeblick wat teen 2 479 m die hoogste piek in dié reeks is.

Hier volg ’n lys van enkele van Namibië se fassinerendste berge – ’n groot toeriste-aanloklikheid.



BRANDBERG

Die imposante Brandberg – geleë sowat 30 km noordwes van Uis – is die hoogste berg in Namibië wat selfs vanuit die ruimte sigbaar is. Dit is ook as ’n nasionale monument verklaar.

Brandberg het ’n uitsonderlike ryk paleo-argeologiese erfenis met talle prehistoriese kliptekeninge – tot soveel as 43 000 rotstekeninge op 900 plekke. Dit is ook die tuiste van die bekende Witvrou-rotstekening.

Navorsers meen die berg is langs ’n prehistoriese migrasieroete geleë waar mense seisoenaal tussen die kus en die binneland beweeg het. Uitgrawings wys “intensiewe en herhaaldelike” okkupasie deur mense van so lank terug as 5 000 jaar.

Brandberg was duidelik ’n belangrike fokus van kultuur en sosioëkonomiese bedrywighede vir van die eerste mense van Namibië, verduidelik die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco).

Die berg is sowat 130 miljoen jaar gelede gevorm en is die oorblyfsels van ’n reuse-vulkaan.

Dit lê in die oorgangsone tussen die Namibwoestyn en die land se Savannavlaktes. Iets wat die berg uniek maak en vir ’n uitsonderlike ryk biologiese diversiteit sorg, is die feit dat winterreën binne die tropiese sone op die hoë plato van Brandberg val.



SPITZKOPPE

Noordoos van Swakopmund – op die D1918-grondpad na Hentiesbaai – is die bekende Spitzkoppe geleë – die oorblyfsels van ’n baie ou vulkaan.

Dit is op dieselfde manier as die nabygeleë Brandberg en Erongoberge gevorm.

Die piek van dié indrukwekkende granietklipformasie is sowat 1 728 m hoog. ’n Kleiner koppie, genaamd die Klein Spitzkoppe, met ’n hoogte van 1 584 m bo seevlak is ook nabygeleë.

Verskeie San-tekeninge is op rotse in die omgewing van die Spitzkoppe geverf en dit is ’n gewilde plek vir bergklim, kamp en staproetes. Verskeie toeriste het al na die Spitzkoppe as die “Materiehoring van Namibië” verwys, ’n bekende bergpiek in die Alpe.

Deel van die Spitzkoppe is die nabygeleë Pondokberg – ’n klein berg wat ’n natuurlike amfiteater of grot huisves– beter bekend as Boesmansparadys. ’n Kort paadjie aan die oostelike kant met ’n ketting langsaan, lei tot die grot. Die plek huisves talle San-tekeninge wat vantevore as ’n nasionale monument verklaar is, maar intussen glo beskadig is.



ERONGOBERGE

Noord van Karibib en Usakos is die gewilde vulkaniese bergreeks, die Erongoberge, geleë.

Die bergreeks se westelike pieke bereik tot 2 320 m bo seevlak en oorheers die vlaktes wes van Omaruru.

Die berge is die oorblyfsel van ’n vulkaan wat sowat 140 tot 150 miljoen jaar gelede aktief was. Buiten vir die ryk plante- en diereliewe in die berge, is daar ook talle rotstekeninge wat besigtig kan word. Die mees noemenswaardige rotsskildery is die wit olifant in die Phillips-grot aan die suidelike kant van die berg.

Die grot is op die plaas Ameib – sowat 30 km van Usakos en 3 km van die pad af – geleë.



BRUKKAROS

Brukkaros, eintlik ’n uitgedoofde vulkaan, oorheers die landskap op die B1-roete tussen Mariental en Keetmanshoop.

Dit staan sowat 650 m uit bo die omliggende gebied en huisves ’n krater met ’n deursnee van sowat 3 km.

Die bodem van die krater is 350 m diep onder die rand van die ou vulkaan.

Die vulkaan is sowat 80 miljoen jare gelede gevorm.

Brukkaros beskik oor ’n 3,5 km lange 4x4-roete na die krater se suidelike ingang, waar jy jou voertuig kan parkeer. Verskeie besonderse kristalformasies kan naby die krater se ingang besigtig word, asook ’n waterval wat op tye loop.

By die krater het jy die keuse om die staproete na die kokerbome en kristalvelde op die kraterbodem te neem, of om die pad te volg na ’n verlate navorsingstasie op die vulkaan se rand.



NAUKLUFTBERGE

Die vorming van die Naukluftberge, sy geheimsinnige 80 km-verskuiwing in ’n suidelike rigting asook sy historiese waarde as ’n woonplek vir die San duisende jare gelede en toevlug tydens oorloë, maak dit een van die fassinerendste berge in Namibië.

Die bergreeks is op die rand van die Namibwoestyn tussen Sesriem en Solitaire geleë en staan sowat 1 000 m uit bo die omliggende landskappe. Dit is egter so hoog as 2 000 m bo seevlak.

Sowat 550 miljoen jaar gelede was die bergreeks 80 km verder noord – nader aan die Gamsberg – geleë. Geoloë meen egter die botsing van tektoniese plate asook verskillende “rotskomberse” wat oor mekaar geskuif het, het die berg 80 km ver verskuif en ook gevorm soos dit vandag lyk.

Die geologiese eienskappe van die Naukluftberge laat dit toe om reënwater vir lank te stoor en fonteine te vorm, wat beteken mense het die berge vir duisende jare bewoon.

Verskeie staproetes asook 4x4-roetes kan in die berge gevolg word, waar die nalatenskap van die berg se vroegste bewoners, waterpoele in rotse en interessante rotsformasies gesien kan word.



AI-AIS HUNS

Die Ai-Ais Hunsberge vorm deel van die Ai-Ais / Richtersveld-oorgrenspark in die suide van die land.

Die park verbind die Sperrgebiet by Sendelingsdrift op sy oostelike grens in ’n dun strook langs die Oranjerivier.

Wat die berge egter besonders maak, is dat dit die Visrivier-spoelvallei huisves, met die swael- en fluoriedryke warmwaterbronne by die Hot Springs Spa wat in ’n skilderagtige deel van die Visrivier geleë is.



VERBRANDE BERG

Die “Verbrande berg” is in 1956 as ’n nasionale monument verklaar. Die unieke kleure op die berghange en –oppervlaktes in die oggend en die namiddagure, is ’n hoogtepunt in die andersins droë omgewing rondom Twyfelfontein.

Dié berg is ’n stollingsgesteente wat verband hou met vulkaniese aktiwiteite van sowat 120 miljoen jaar gelede in die gebied. Dit is ’n heuwel met versteende lawa aan sy voet en vorm deel van ’n 12 km lange vulkaniese reeks in Damaraland.

Die Verbrande berg is sowat 200 m hoër as die omliggende gebiede en is nie ver van die orrelpyp-formasies op die D3254-roete geleë nie. Die berg is sowat 10 km suidoos van Twyfelfontein.



Bronne: www.britannica.com, www.info-namibia.com, peakvisor.com, https://whc.unesco.org, www.namibia-accommodation.com, namibian.org

Comments

Namibian Sun 2024-05-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%