Meatmasterram, dorperooi as interraskampioene gekroon
Jacques du Toit
Die Meatmasterram van Johnny Hanekom en die dorperooi van Le Roux van Wyk is as die interraskampioene gekroon in die Kampioen van Kampioene-kompetisie tydens die Stampriet-skou.
“Dit is vir my ’n groot voorreg; ek het dit glad nie verwag nie. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat ons Meatmasterras hierdie prestasie kon bereik,” het Hanekom gesê.
Oor wat dit vat om ’n kampioenram te produseer sê hy: “Dis baie harde werk en verg ook goeie genetika en baie geld.”
Nog foto’s van die Stampriet-skou is op Agri Monitor se Facebookblad te sien.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article