Staan saam vir Afrikaans-taalonderrig

n Vereniging beywer hom onder meer vir die behoud van Afrikaans-taalonderrig.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Die Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig in Namibië (PVATN) het Donderdag en Vrydag sy 19de jaarlikse, nasionale kongres in Windhoek aangebied.

Prof. Herman Beyer, president van die PVATN, asook taal- en letterkundeprofessor aan Unam, het die belangrike rol van hierdie kongres in die behaal van die organisasie se algehele doelwitte beklemtoon.

“Een van die hoofdoelstellings van die PVATN is om Afrikaans as skoolvak in Namibiese skole te ondersteun. Een van die die wyses waarop ons dit kan bereik, is deur hierdie kongres.”

Beyers sê die organisasie se aktiwiteite is alles gefokus op Afrikaans as vak op skool, om eindelik onderwysers toe te rus met die nodige inligting en vaardighede om die vak tot die beste van hul vermoë aan te bied. “Die doel van hierdie kongres is om onderwysers by te staan, inligting aan hulle te bied en indiensopleding in die onderrig van Afrikaans aan onderwysers te voorsien. Daardeur glo ons dat ons die taal as sodanig ook ondersteun,” sê Beyers.

Ongeveer 260 mense, van wie 222 onderwysers, het die kongres bygewoon. Die bekende Suid-Afrikaanse rymkletser, digter en motiveringspreker Simon Witbooi, beter bekend as Hemelbesem, het tydens die kongres ’n praatjie gelewer.

Me. Helena Vilonel, die senior onderwys-beampte vir Afrikaans van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIED) is van mening die kongres en die werkinge van die PVATN is van onskatbare waarde vir die behoud van Afrikaans. “Elkeen wat hierdie kongres bywoon, het uit hul eie sak betaal om hier te wees. Ons het hande geneem en saamgewerk om dit moontlik te maak. Ons maak staat op almal se bydrae en die borge wat betrokke is om ons by te staan in die behoud van Afrikaans.”

Wat betref hoërskoolonderwys, is veranderinge aan die kurrikulum bespreek, asook hoe onderwysers hulself kan voorberei om dit te implementeer.

Verder het onderwerpe soos disleksie, leesagterstand, begeleide skryfwerk en uiteensetting van die poësiesillabus ook aandag geniet.

Mnr. Gerdus Feris, die visepresident van die PVATN, het gesê die kongres speel ’n groot rol in die bemagtiging van onderwysers “aangesien hulle beter in staat sal wees om te doen wat hulle moet doen en suksesvol op te voed”.

Volgens Vilonel het onderwysers wat die kongres bywoon, weer nuwe energie en moed as hulle na hul onderskeie skole terugkeer.

“Dit voel kompleet soos ’n battery wat weer gelaai is, en ek dink die ander vakgroepe kan maar jaloers wees op dit wat Afrikaans hier kon vermag.”

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!