SI !Gobs maak sport ‘n prioriteit

Die Sekondêre Skool SI !Gobs op Omaruru is die enigste sekondêre skool in 'n radius van 65 kilometer van die dorp af.
Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

"Ons gaan die poort tot tersiêre onderrig wees," sê die skoolhoof, mnr. Erwin /Awarab. Hy is al vir 20 jaar 'n onderwyser en werk die afgelope ses jaar by SI !Gobs.

"Ek het besluit om ’n onderwyser te word sodat ek my gemeenskap, broers, susters en vriende kan motiveer om verder te studeer en opgevoede burgers te word. Ek het ook onderwysers gehad wat my gemotiveer het om ’n onderwyser te word,” sê hy.

Die regering het tussen 1984 en 1987 die skool en koshuis vir die kinders van die omliggende gemeenskap gebou.

Die doel was om sekondêre onderwys vir die streek te bied en aanvanklik was die plan om net meisies in te neem. Ná Namibië se onafhanklikwording, in 1990, is onderrig aan meisies en seuns voorsien.

Die skool is vernoem na ‘n boorling van Omaruru, Samuel Immanuel Matawa !Gobs. Hy was ‘n onderwyser, politikus en kampvegter vir menseregte voor onafhanklikheid.

Die leerlinge van SI !Gobs is uitblinkers in atletiek, sokker, vlugbal en netbal.

Willian van Wyk is een van die skool se passievolle sportkoördineerders.

"Ek is baie lief vir sport, en nóg meer sedert ek by die hoërskool aangekom het," sê Van Wyk. Volgens haar ly die skool se ontwikkeling op sportgebied dikwels weens 'n tekort aan geld. “'n Finansiële hupstoot sal die skool baie help," sê Van Wyk.

Calvin Swartz dien vanjaar op die skool se leerlingraad en het ‘n passie vir sport. Hy het hom verbind tot geldinsameling vir sportontwikkeling, en die motivering van sy medeleerders om hul potensiaal op die sportveld te bereik.

"Ek is ook 'n junior raadslid van die Omarurustreek. Hierdie posisie help my ook om mense buite die skool te bereik en aan te moedig om hul bes te doen in verskillende sportkodes, asook die waardes van ‘n goeie sportman of –vrou na te jaag,” sê Swartz.

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!