RehoTech maak sy merk in beroepsopleiding
Rehoboth • [email protected]
Die eerste termyn van die nuwe beroepsopleidingsentrum op Rehoboth het pas tot ’n einde gekom en aansoeke vir die nuwe inname is tans oop.
Die Rehoboth Instituut van Tegnologie, of RehoTech, het in Februarie vanjaar sy deure geopen.
Volgens mnr. Ricardo van Wyk van die sentrum is hul visie om hoop te skep en om ’n verskil op Rehoboth te maak.
“Ons dorp is bekend vir goeie ambagsmanne en -vroue wat hulself bemagtig. Dit was ’n logiese keuse om op Rehoboth te begin. Hierdeur kan hulle hulself in ’n tegniese beroep bekwaam en met ’n positiewe selfbeeld vir hulself in die toekoms ’n inkomste genereer,” sê hy.
Een van die grootste struikelblokke vir jongmense van Rehoboth is om die arbeidsmark te betree en ’n selfonderhoudende lewe te lei.
“Die gebrek aan opleiding en praktiese ervaring kniehalter ons kinders en daarom is tegniese opleiding in vaardighede een van die beste maniere om hul ekonomiese geleenthede te bied,” sê Van Wyk.
Talle jeugdiges is tegnies of prakties aangelê en oor die algemeen knap met hul hande, en watter beter manier is daar vir opleiding as by RehoTech, die eerste beroepsopleidingsentrum op die dorp.
Volgens hom het die nuwe leerplan van die ministerie van onderwys ’n direkte invloed gehad op die besluit om die sentrum op Rehoboth te begin. Kinders wat nie die nuwe graad 12 (AS-level) wil of kan aanpak nie, het nou direkte toegang tot die sentrum.
“RehoTech het ’n integrale plan om die gemeenskap nie net op te lei nie, maar ook om die ekonomie ’n hupstoot te gee. Dit doen ons deur werk te verskaf aan inwoners van die dorp.
“Al die instrukteurs, administratiewe werkers asook die vakmanne wat die opknappingswerk aan die sentrum doen, is van Rehoboth,” sê Van Wyk trots.
Die kursusse wat op die oomblik aangebied word, sluit in elektries, motorwerktuigkunde, inligtingstegnologie, vroeë kinderontwikkeling, gasvryheid en toerisme, asook kantooradminstrasie.
Al die kursusse is by die Namibiese Kwalifikasie-owerheid (NQA) geakkrediteer en is oor verskillende vlakke vanaf 1 tot 4 opgestel.
Elke jaar ná ’n eksterne evaluering deur die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) verwerf die kandidate ’n nasionale vaardigheidsertifikaat, ook uitgereik deur die NTA.
Die minimum kwalifiserende vereiste is graad 10, 11 of 12. Ouer kandidate moet ouer as 23 jaar wees met vorige werksondervinding.
Alle kursusse beloop N$15 000 per jaar, wat ook in paaiemente afbetaal kan word.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article