Nuwe sportstadion op Keetmanshoop
Mnr. Gerrit Witbooi, die streekraadslid vir die Keetmanshoop-kiesafdeling, het tydens die oorhandiging en inhuldiging van die nuwe Kronlein sportstadion die waarde van die stadion vir jeugbemagtiging en talentontwikkeling beklemtoon. “Die drywers van hierdie projek moes vele uitdagings oorkom, wat ook die voltooiing van die projek vertraag het. Hierdie stadion gaan ’n ongelooflike impak maak en sal nog baie vir die jeug beteken,” het hy voorspel. FOTO ELIZABETH JOSEPH
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article