Nanso en Nust help familie ná brand
Michelline Nawatises
Studente van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Namibië Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) het ’n helpende hand na ’n familie van 21 uitgereik.
In Augustus vanjaar is ’n familie wat in Katutura, naby single quaters bly se huis in ’n brand verwoes toe hul elektriese boks gebreek, dit is geglo dat elektriese komplikasies die brand veroorsaak het.
Die familie kook gewoonlik buite om elektrisiteit te spaar en maak net saans gebruik daarvan.
Ná die brand uitgebreek het, is die brandweer ontbied, maar die brand het reeds deur die hele huis versprei en die huis is verwoes.
Die gemeenskap het vergeefs probeer om die brand te blus.
Me. Salinde Kaunuua, ’n lid van dié familie, het gesê hulle het twee beddens, vrieskaste, klere, komberse en 'n TV-rak verloor.
"Ons is baie bekommerd omdat ons nie weet waar om te slaap en eet nie. Dit is 'n stryd om die kinders by die skool te kry," het sy gesê.
Die familie se grootste uitdaging is dat die huis en huisinhoud nie verseker was nie.
Die studente het klere, skoene, matrasse, boeke en 'n bedrag van meer as N$3 000 ingesamel en aan die ouma oorhandig.
Een van die oudste familielede het gesê hy sal vir altyd dankbaar wees dat hul lewens gespaar is, hoewel hulle soveel items verloor het.
Me. Vevangouua Kaihiva, ’n Nust-student, het haar medestudente aangemoedig om te waardeer wat hulle het, aangesien soveel mense soveel minder het.
"Hierdie ouma maak 12 kleinkinders op haar eie groot," het sy gesê.
Me. Shilomboleni Roosa, ook ’n student, het die kinders aangemoedig om baie hard te leer sodat hulle hul ouers kan help.
"Eendag, wanneer jy sukses bereik het, moet jy nooit vergeet waar jy vandaan gekom het nie. Sorg altyd vir jou ouers as 'n blyk van waardering," het sy gesê.
Die familie bestaan ??uit 12 kinders en 9 volwassenes, en is dankbaar vir die skenking.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article