Mobiele kolfblaaie oorhandig
Jesse Kauraisa
Krieket Namibië is besig met die uitvoering van 'n strategiese plan om bewusmaking, ontwikkeling en groei in krieket onder die gemeenskap te bevorder.
Beplanning is reeds gevorderd om aan vyf staatskole elkeen mobiele kolfblaaie te voorsien.
Laerskool Pionierspark (Parkies) was die eerste skool wat so 'n mobiele kolfblad ontvang het.
Parkies het 'n ooreenkoms met Krieket Namibië onderteken wat die skool verantwoordelik hou om hul deel te doen om die sport te laat groei en is ook verantwoordelik vir die toename in die getal krieketspelers by die skool en hul deelname in amptelike ligas.
Verder moet die skool deelneem aan FNB se mini-krieketprogram en onderwysers se kennis en vaardighede van die sport moet deurgaans deur hul jaarlikse deelname aan afrigtingskursusse en slypskole opgeskerp word.
Hierdeur sal dit moontlik wees om die getal spanne en spelers van die verskillende skole te laat toeneem om krieket in die land te bevorder.
Krieket Namibië se nuwe uitvoerende hoof, mnr. Johan Muller, sê dit is deel van die beheerliggaam se strategie om die spel in staatskole te bevorder.
“Ons hoop om die deelname in krieket te bevorder deur die voorsiening van 'n speeloppervlak van goeie gehalte. Ons glo dat dit die gehalte van sport wat gespeel word ook sal verbeter,” het Muller gesê.
“Krieket Namibië gaan onderwysers oplei om krieket af te rig, omdat die kwaliteit van die afrigters 'n direkte impak op die groei en ontwikkeling van die spelers het.
“Skole is vennote van Krieket Namibië en een van die strategieë om deelname op laerskoolvlak te bevorder, is deur bewustheid van die sport te skep,” het Muller bygevoeg.
Krieket Namibië het ook vanaf 13 November 'n promosietoer na verskeie plattelandse skole en krieketklubs aangepak. Lede van die nasionale mans- en vrouespanne vorm deel van die toer wat onder meer ook afrigtingskursusse, -klinieke en FNB Kwata-programme sal insluit.
Eagles-staatmakers soos Stephen Baard, Picky Ya France, Karl Birkenstock en Bernard Scholtz, asook die nasionale vrouespeler Sylvia Shihepo is deel van die eerste groep wat na Okahandja en Otjiwarongo gereis het.
Die oorblywende mobiele kolfblaaie sal ook tydens hierdie toer uitgedeel word.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article