KaapAgri maak magies vol
KaapAgri het ‘n groot skenking aan ’n gemeenskapsentrum in Windhoek gemaak.
Mariselle Stofberg
KaapAgri het Vrydag 12 April ’n donasie ter waarde van N$15 000 aan die Lidar-stigting in Windhoek oorhandig.
Hierdie donasie was in die vorm van onder meer mieliemeel, broodmeel, bruismeel en vetkoekmeel. Me. Serley Khaxas, die uitvoerende direkteur van Lidar, was baie dankbaar en opgewonde. “Nou kan ons meisies weer self bak en verder bou op die vaardighede wat by die sentrum aan die kinders geleer word.” Khaxas is van mening dat hierdie donasie ? groot rol speel in die onafhanklikheid van die meisies om iets te produseer wat hulle weer op die beurt kan help.
Lidar is ? gemeenskapsentrum in Windhoek wat meisies op hoër- en laerskool, asook jong moeders en hul babas help. Hierdie sentrum bied ondersteuning in die vorm van onder meer opleiding, die aankoop van skoolbehoeftes en skoolklere, nasorg, kosvoorsiening, leesklasse, tydelike hawes en vaardigheidsopleiding. “Die onskuld van kinders wat gelukkig is en lag, ten spyte van hul swaar omstandighede, is iets wat my elke dag motiveer en inspireer. Dit is ongelooflik om te kan deel wees van ? groep mense wat poog om verandering, al is dit hoe klein, in die omstandighede van die gemeenskap te bring,” sê Khaxas.
Me. Geraldine Schmid, die verkoops- en aankopeadviseur by KaapAgri, is van mening dat Lidar ? volhoubare en belangrike bydrae in die gemeenskap lewer. “Hulle neem nie net kinders in en gee vir hulle kos nie, maar leer hulle volhoubare vaardighede soos lees, broodbak en belangrike beginsels, asook lesse wat hulle weer in die toekoms sal help.”
KaapAgri respekteer en bewonder die werk wat Lidar verrig. “Daar is baie behoeftige kinders in Namibië en Lidar is ’n voorbeeld vir baie van ons in hierdie land. Ons respekteer hulle vir die hulp wat hulle aan die kinders verleen.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article