• Home
  • YOUTH
  • Jong skoonheid met 'n hart van goud

Jong skoonheid met 'n hart van goud

Junior naaldwerkskool in Noorde geopen
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n belangrike deel van wie sy is.

“As modeontwerper het ek basiese naaldwerk- en stikwerkvaardighede, en ek het nog altyd die droom gehad om met kinders te werk en hulle met nuwe vaardighede toe te rus.

Met die aanvang van die Covid-19-pandemie het Rabe begin om self maskers te maak om die tekort aan dié noodsaaklike item in die land aan te vul. Sy het vryskutnaaldwerkers genader om te help nadat sy nie alleen kon voorbly met die aanvraag nie.

“Ek het gesien hoeveel dit vir mense beteken om hierdie te kan doen, en ek het met die vroue wat my gehelp het, gesit en gesels oor die projek. Om juis in hierdie moeilike tyd ’n inkomste te verdien, ’n werk te kan hê en nuwe vaardighede aan te leer, het die wêreld vir hulle beteken.”

Hier het Rabe besef sy het ’n talent wat sy met ander mense kan deel en hulle in die proses te bemagtig om vir hulself werk te skep.

Sy het begin deur klasse by die Hope Village in Windhoek, wat as die Mending Project bekend staan, aan te bied waar die meisies Rabe geïnspireer het om die projek verder te neem.

“Om met hierdie meisies te werk en te sien hoeveel dit vir hulle beteken, het my so emosioneel en dankbaar gemaak.”

Rabe voel sy kan deur die projek potensiële entrepreneurs tot aksie aanspoor en hulle bemagtig om hul eie klere te maak en te verkoop.

Sy besoek die projek elke twee weke en het ook al die toerusting en materiaal vir die projek voorsien – wat deur skenkings en borge moontlik gemaak is.

Ná haar kroning as Mej. Supranasionaal Namibië het Rabe ’n groter platform gekry om die projek uit te brei en het die droom gehad om haar eie naaldwerkskool te open.

Dit is hier waar haar pad met dié van Africa Monarch Lodges gekruis het.

Hulle het in 2020 trots die Sijwa Sewing Project saam met die Collective Boutique van stapel gestuur en Rabe het die junior naaldwerkskool geopen waar sy begin het om graad 10-leerlinge van die Hoërskool Mayuni te help om naaldwerkvaardighede aan te leer. Sy is dankbaar vir die Africa Monarch Lodges en Collective Boutique se toewyding tot jeug- en gemeenskapsontwikkeling.

Die klasse is gratis en oop vir die hele gemeenskap.

Rabe het ook ’n hele kurrikulum saamgestel vir die skool wat die leerlinge help om alles te kan doen van some insit, tot garing deur ’n naald trek en ’n hemp of broek aanmekaar te stik. Die skool volg ’n agt maande-program waar die leerlinge aan die einde met al die nodige vaardighede toegerus is.

“Tydens die eerste sessies was meer as 50% van die leerlinge wat opgedaag het hoërskoolseuns wat só opgewonde en gemotiveerd was om hierdie nuwe vaardighede aan te leer,” het Rabe gesê.

Die projek behels ook die ontwikkeling van ander vaardighede, en help die gemeenskapslede om glaskrale van herwinde glas en kompos te maak.

“Ek wil diegene in die gemeenskap aanmoedig om ons jeug te help en die vaardighede wat hulle het met die jeug te deel. Dit kan enige iets wees; van houtwerk tot tuinwerk en selfs iets soos hoe om ’n bankrekening oop te maak. Ons moet die potensiaal in ons Namibiese kinders raaksien en help om dit te ontwikkel sodat hulle ook hul volle potensiaal kan bereik,” het Rabe gesê.

Comments

Namibian Sun 2024-04-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053