Die skoonheid van ballet
Monique Morkel
Ek het in 2010 by die Kollege van die Kunste (Cota) in die hoofstad met ballet begin. Ek dans nou al agt jaar.
Ballet moenie gesien word as ’n dans wat net vir vroue is nie.
Van die bekendste balletdansers, soos Mikhail Baryshnikov en Paul Taylor, was mans wat keer op keer fenomenale vertonings aan gehore gelewer het, wat verbaas was om hul krag, uithouvermoë en talent te ervaar.
Ballet behels nie net 'n dansstyl en om op jou tone te beweeg nie. Vir my is dit veel meer as dit. My onderwyser is Zaandré du Toit.
Sy is die beste balletonderwyser wat ek al gehad het – ek kon nie vir beter gevra het nie. Sy het my alles geleer wat ek vandag kan doen en daarvoor sal ek haar ewig dankbaar wees.
Ek dans om myself uit te druk. Dié tipe dans is baie delikaat en sag. As jy dans, moet jy op die maat van die musiek jou liggaam se ritme voel en hoe dit beweeg.
Die beste deel van ballet is dat jy die karakters wat jy speel, iewers binne jouself moet vind, wat baie opwindend is. Ek is mal oor ballet en is gelukkig dat ek dit gekies het. Vir my is dit baie meer as 'n stokperdjie.
Ballet leer jou om te fokus. Al die pirouettes gebeur nie net vanself reg nie. Dansers moet "spot" om te kan draai. Dit is ’n tegniek wat help keer dat ons duiselig raak wanneer ons in die rondte tol.
Ballet leer jou om verskillende goed gelyktydig te doen: Jou voete sal een ding doen, terwyl jou arms iets anders doen. Dit is soortgelyk daaraan om jou kop te tik en terselfdertyd jou maag te vryf. En dit moet moeiteloos en grasieus lyk.
Ballet gee jou die geleentheid om tyd met mense uit allerhande soorte mense deur te bring.
In my tyd as ballerina het ek al professors, TV-vervaardigers en balletlegendes ontmoet.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article