Die dame in die venster

Sedert Maart vanjaar kon motoriste en voetgangers nie die model in die vertoonvenster van Value Vision Optometrist in Onafhanklikheidsrylaan miskyk nie.
JUSTISIA SHIPENA
Met haar groot bruin oë en klassieke gesig staar die skoonheid al vir ses maande na verbygangers en nooi hulle binne om die winkel agter die venster te verken.

Voorheen was die bekende Amerikaanse model Hailey Baldwin in die vertoonvenster te sien, maar nou het die plaaslike model Zoë Karsten haar plek ingeneem.

“Ek is 15 jaar oud en is in Windhoek gebore. Ek is ’n leerling by Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) en geniet skool ongelooflik baie. Ek geniet dit om nuwe dinge te leer en tyd saam met vriende deur te bring. Al het die coronavirus ons skoolgaan ietwat omver gegooi, probeer ek steeds die meeste maak van die e-onderrig ervaring,” het Karsten gesê.

Karsten sê sy het twee jaar gelede met modelwerk begin en geniet veral fotografiese modelwerk. “Ek het Juné Geyser, ‘n fotograaf by Urban Lens Photography tydens ‘n leefstyl- en mode-ekspo ontmoet, en die res, soos hulle sê, is nou geskiedenis.”

Karsten sê verder deur modelwerk en spesifiek fotografiese modelwerk het sy nuwe mense ontmoet, plekke verken en ervaring opgedoen wat sy nooit gedink het moontlik sou wees nie. “Ek het al fotosessies met die huidige Mej. Namibië, Nadja Breytenbach, en Mej. Namibië 2016, Lizelle Esterhuizen, gedoen. Ek het ook kommersiële fotosessies met bekende handelsmerke gedoen en ook deelgeneem aan wonderlike gemeenskapsprojekte.”

Karsten is ook as die handelsmerk ambassadeur vir Andeline Wieland, Mej. Kontinente 2017, se Snow White-projek gekies. “Dit was ‘n ongelooflike manier om mense in nood te help.”

‘Soos toneelspel’

Karsten sê modelwerk is amper soos toneelspel. “Deur die verskillende uitrustings aan te trek, kan jy enigiemand wees wat jy wil wees.”

Karsten sê Nikita Rix van Collective Boutique Namibia het haar die geleentheid gegee om modelwerk te doen vir Judith Atelier, Sew Couture SA, Just Cruizin en verskeie ander modehandelsmerke. “Dit het my gehelp om te groei en ‘n beter weergawe van myself te word.”

“Toe Karen Greeff, die eienaar van Value Vision Optometrists my gekontak en gevra het of ek sou belangstel om die nuwe gesig van die venster te wees, het ek dadelik die geleentheid aangegryp. Ek het Juné Geyser gevra of sy die foto’s sal neem en toe het die pret begin.”

Greeff is ‘n groot voorstander van die ‘Local is lekker’-beweging en het om dié rede besluit om Karsten as die nuwe gesig van die venster te kies.

“Dit is vir my belangrik om Namibiërs te ondersteun, want hulle is ook my kliënte en ek het weer hulle ondersteuning nodig. As ek net ‘n klein rol kan speel in die erkenning en blootstelling van plaaslike modelle, wou ek seker maak ek doen my deel. Ek ken vir Karsten al ‘n paar jaar en het die volste vertroue in haar vermoë,” het Greeff gesê.

Greeff nooi mense wat bril dra of ‘n nuwe bril moet aanskaf om die winkel te besoek waar hulle die nuutste tegnologie gebruik en ‘n groot verskeidenheid stylvolle brilrame het om van te kies.

Comments

Namibian Sun 2024-03-29

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%