Diamant-kamp vir meisies gehou

Fokus op studie, ontwikkeling
Tunohole Mungoba
Meisies van verskeie streke in die land het onlangs 'n “Diamant-kamp” aangebied deur Visioncore bygewoon.

Dié studie- en ontwikkelingskamp is van 24 tot 26 Augustus by die Zion-jeugsentrum in die Brakwater-gebied buite Windhoek gehou en 65 meisies het dit bygewoon - 45 vir die ontwikkelingskomponent en 20 vir die studie-gedeelte.

Visioncore is 'n opvoedkundige op­leiding- en bemagtigingsgroep.

Die meisies, van wie die meeste van die Khomasstreek, is oor verskeie aspekte touwys gemaak.

Sprekers het hulle onder meer ingelig oor wat identiteit behels, denk­patrone, besluitneming, opstelskryf, groepsdruk, interpretasie van vraestelle, tienerswangerskappe, afknouery, seksuele verhoudings en die belangrikheid van opvoeding.

Skeppende vaardighede is ook geleer deur verskeie spanbou- en groepsaktiwiteite soos die ontwerp van matriekafskeidrokke, asook die bou van 'n toring, wat sekere aspekte in die lewe verteenwoordig.

Na aanleiding van die naam van die kamp is die simboliek en fasette van 'n diamant ook verduidelik.

Van die sprekers was mee. Julia Musuuo (lektor aan die ­Universiteit van Namibië), Vanessa Masiya (Uni­versity of Life-groep), mnr. Otto Kaputo (motivering­spreker en skrywer), mee. Piachon Sheya (eienaar van Edi-administrasie) en Aletta Eises (stigter van Visioncore).

Visioncore het sy dank uitgespreek aan alle ouers wat hul kinders die kamp laat bywoon het. Ook is die volgende skenkers bedank: Waltons vir die spaarblikkies, en die Finansiële Geletterdheid-inisiatief vir inligtingstukke, naamplaatjies en skryfbehoeftes. Visioncore loof ook sy vrywillige werkers en mentors vir die organiseer van die kamp.

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!