• Home
  • EDUCATION
  • Capricorn-groep borg wetenskapuitstalling in Khomasstreek

Capricorn-groep borg wetenskapuitstalling in Khomasstreek

Leerlinge van verskeie skole het bymekaargekom om projekte waaraan hulle gewerk het, uit te stal.
Michelline Nawatises
Michelline Nawatises

Meer as 250 leerlinge vanoor die Khomasstreek het hul projekte van 22 tot 24 Oktober in die Windhoek Gymnasium privaat skool se saal uitgestal.

Die projekte weerspieël deelnemers se skeppende, ondersoekende gedagtes.

Hul hipoteses en bevindings is entoesiasties met beoordelaars gedeel.

Vanjaar het die Capricorn-groep die wetenskapbeurs in samewerking met Curro se Windhoek Gymnasium moontlik gemaak. Sowat 236 projekte op die gebiede van wetenskap, wiskunde en tegnologie, van beide staat- en private hoër- en laerskole, is onder die tema “Wetenskap vir volhoubare ontwikkeling” uitgestal.

Die Capricorn-groep het die geleentheid met N$60 000 gefinansier en Windhoek Gymnasium het hul geriewe, soos die skoolsaal, gratis vir die uitstalling beskikbaar gestel.

Elke projek het die kritiese denke en wetenskaplike bekwaamheid van elke deelnemer ten toon gestel.

Die kompetisie was inderdaad straf en het bewys jong Namibiërs dra gretig by tot volhoubare ontwikkeling in die land.

Na afloop van die uitstalling is pryse aan deelnemers uitgedeel.

Coenie Coetzee van Windhoek Gymnasium het die trofee vir die beste laerskoolprojek verower.

Berhane Wheeler van Amazing Kids Private School & Academy het die trofee vir die beste hoërskoolprojek ontvang.

Windhoek Gymnasium het die trofeë vir die beste algehele laer- en hoërskoolprojekte verower. Kategoriewenners vir beide laer-en hoërskole is aangekondig en het sertifikate ontvang.

"Ons samelewing maak elke dag op wetenskap staat, en wetenskapbeurse is 'n goeie manier om leerlinge aan te spoor om te leer hoe die wêreld om hulle werk en om hulle bloot te stel aan wêreldwye idees en maniere van dink en probleemoplossing," het Marlize Horn van die Capricorn-groep gesê.

Aangesien dit positiewe veranderinge behels en geleenthede vir alle belanghebbendes skep, bly die groep toegewy daaraan om jong, innoverende denke te ondersteun en gevolglik ook die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in sy strewe om toekomstige wetenskapleiers te ontwikkel en kundigheid in die land uit te brei.

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!